Amerikaanse Mafia

Charlie "Lucky" Luciano, 'n Italiaanse mafialid gebore in Sisilië. Luciano word beskou as die vader van die moderne georganiseerde misdaad in die Verenigde State van Amerika.

Die Amerikaanse Mafia, algemeen bekend as die Mafia, Italiaans-Amerikaanse Mafia of The Mob (Engels) in die Verenigde State van Amerika, is 'n konfederasie van Italiaanse en Amerikaanse kriminele organisasies. Soortgelyk aan die Sisiliaanse Mafia, is die Italiaans-Amerikaanse Mafia 'n geheime kriminele organisasie sonder 'n formele naam. Sy lede verwys gewoonlik na dit as Cosa Nostra (Italiaanse uitspraak: [kɔza nɔstra]), 'n term wat letterlik vertaal kan word na "ons ding," maar kan meer akkuraat omskryf word as "ons werk" of "ons operasie".

Die Amerikaners gebruik die naam "Nasionale Misdaadsindikaat" (National Crime Syndicate) om te verwys na die hele netwerk van georganiseerde misdaad in Amerika, wat die Joodse mafia-elemente en die Italiaans-Amerikaanse mafia ingesluit. 'n Spesiale Amerikaanse Senaatkomitee in die 1950's, onder voorsitterskap van Estes Kefauver, het dit beskryf as 'n konfederasie van hoofsaaklik Italiaanse en Joodse-Amerikaanse georganiseerde misdaadgroepe in die VSA.

Wetstoepassers beskou steeds die Mafia as die grootste georganiseerde misdaadgroep in die Verenigde State. Die groep beheer die meeste van die georganiseerde misdaadaktiwiteite in die Verenigde State van Amerika en sekere dele van Kanada. Vandag is die meeste van die aktiwiteite van die Mafia gekonsentreer in die noordoostelike Verenigde State en Chicago, waar hulle aanhou om georganiseerde misdaad te domineer ten spyte van die toenemende getalle straatbendes en ander organisasies wat nie van Italiaanse oorsprong is nie.[1]

  1. Barret, Devlin; Gardiner, Sean (21 Januarie 2011). "Structure Keeps Mafia Atop Crime Heap". The Wall Street Journal (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Augustus 2013. Besoek op 8 Junie 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search